Olimpiese Winterspele 1924

Ie Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1924

Gehou in Chamonix, Frankryk
Deelnemende lande 16
Deelnemende atlete 258 (247 mans, 11 vroue)[1]
Items 16 in 6 sporte
Openingseremonie 25 Januarie 1924
Sluitingseremonie 5 Februarie 1924
Amptelik geopen deur Gaston Vidal
Atlete-eed Camille Mandrillon
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1952)
Vorige Spele :
Volgende Spele 1928: St. Moritz (Switserland)

Die Olimpiese Winterspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'hiver de 1924), amptelik bekend as die Iste Olimpiese Winterspele, is tussen 25 Januarie en 5 Februarie 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, Frankryk, aangebied. In 1921 stem die Internasionale Olimpiese Komitee in om 'n Internasionale Wintersportweek (Semaine des Sports d'Hiver) in 1924, dieselfde jaar as die Somerspele in Parys te hou.[2] Hierdie sportweek vind in Chamonix-Mont-Blanc, aan die voet van die Mont Blanc plaas, en was 'n reuse sukses. Daar word besluit dat dit voortaan elke vier jaar losstaande van die Somerspele aangebied sal word. Daarmee word die sportweek die Iste Olimpiese Winterspele.

  1. "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy